
Leraar: Franz Greffrath

Ds. Franz Greffrath het van vroeg in sy lewe die reddende genade van God in Jesus Christus gesmaak en was as jong man geroep tot voltydse bediening. Na ‘n paar jaar se betrokkenheid in sendingwerk het hy sy teologiese studies voltooi.
Die afgelope agt jaar het hy gedien as die herder-leraar van Bet-El Baptiste Kerk in Roodepoort, waarvandaan hy beroep was na Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente in Pretoria.
Hy is ook weekliks betrokke op Radio Kansel en dien op die Uitvoerende Komitee van die Afrikaanse Baptiste Kerke van Suid-Afrika. Hy is ‘n gereformeerde Baptis van oortuiging, wat vas staan op die vyf solas van die Protestantse reformasie en die leerstellings van genade. Hy is getroud met Ester Greffrath – ‘n godsvrou, vername tuisteskepper en mediese dokter. Ds. Franz en Ester het tans drie dogters: Iné (6 jaar), Elrike (5 jaar) en Madelein (2 jaar). ‘