top of page

HOEKPENNE VAN ONS GELOOF

As gemeente onderskryf ons die 1689 Baptiste Geloofsbelydenis (Lees dit hier) en die hoekpenne van wat ons glo kan in die vyf Solas saamgevat word:

1. Soli Deo Gloria - Die eer van God alleen

Alles wat God beplan het en in die geskiedenis uitvoer (niks wat is of gebeur, is uitgeslote nie), het een finale doelwit, nl. om Homself te verheerlik. Die najaging van hierdie doel is dan ook elke mens se hoogste en onontkombare roeping. Om vir jouself te leef, is die wese van sonde 

 

2. Solus Christus - Christus alleen

Hierdie genade wat God aan miljoene sondaars deur alle eeue betoon het, was nog altyd volledig gebaseer op die volmaakte middelaarswerk van Sy Seun, Jesus Christus, en daarop alleen.

 

3. Sola Scriptura - Die hele skrif en net die skrif

Die hele Bybel, en net die Bybel, is God se besondere en geïnspireerde openbaring aan die mens. Daarom is dit algeheel betroubaar en die universeel gesagvolle norm vir leer en lewe. 

 

4. Sola Gratia - Genade alleen

As 'n sondaar gered word, dan is dit geheel-en-al te danke aan God se vrye genade, en daaraan alleen. 

 

5. Sola Fide - Geloof alleen

God verklaar enige en elke sondaar regverdig wanneer die vanuit sy of haar geestelike en morele bankrotskap volledig op die middelaarskap van Jesus Christus staat maak ten einde vir God aanvaarbaar te wees. Daar is geen ander manier om met God versoen te word nie. Geen menslike verdienste, van watter aard ook al, kan Christus se verdienste aanvul nie; trouens, die Woord waarsku uitdruklik dat enige poging daartoe diskwalifiserend is. 

bottom of page